The Kraal Addo Country Estate | Addo Elephant Park Bed & Breakfast Accommodation
OverviewRooms/RatesArea/MapReviews (34)Book Now
The Kraal Addo Country Estate is the gateway to Addo, only 11 km from the main gate to the Addo Elephant National Park, and close to all the things Addo has to offer. It offers comfortable accommodation and a relaxed atmosphere for that perfect getaway.
Accommodation comprises 21 bedrooms, that are categorized into Standard, Luxury, Family and Cozy suites. These comfortable rooms offer a sense of home in a luxurious setting. The Luxury Suites are just that, with an extra touch of elegance, equipped with a large, extra-length, 4-poster bed and crisp white linen, with an en-suite bathroom that has a shower. Facilities included in all rooms are air-conditioning, tea- and coffee-making amenities. TVs with selected DStv channels are available in some of the rooms.
Start your day in the spacious dining and breakfast room with soothing sounds of classical music and the sounds of running water from the adjacent tropical atrium. Relax in the gardens or in one of the comfortable lounges.
Meet the locals in the on-site Sports Bar for a fun time and great games. The ‘Purple Tiger Lounge’ is a special place to enjoy a nice glass of wine and something to eat. Cool down in the warm summertime in our swimming pool. The friendly staff is always happy to assist you with booking 1 of the many activities that are on offer in and around the Sundays River Valley including game drives, horse riding, and adrenaline-pumping canoeing and zip-lining.
Each room features either a queen-size bed or 2 single beds, accommodating up to 2 guests, and an en-suite bathroom. In-room amenities include air-conditioning, and tea- and coffee-making facilities.
Each luxury suite features a large, extra-length, four-poster bed and an en-suite bathroom with a shower. In-room amenities include air-conditioning, a TV with selected DStv channels and tea- and coffee-making facilities.
This room features 4 single beds, an en-suite bathroom, and a kitchenette with basic utensils and pots. Please note that this room may be shared with other guests if not booked by 1 group of 4 guests.
Local area description
Die diens by The Kraal is iets uit die boonste rakke. Rean, Sam en Colin was besonderse gashere met ‘n onverbeterlike personeel wat uit hul pad gaan om jou tuis te laat voel. Rean van Zansendle Adventures het ook vir ons ‘n onvergeetlike dagreis van die Addo Olifant Park gegee. Ongelooflike waarde vir geld. Heerlike ontbyt (as deel van die B&B opsie). Die kudu-steak en hoender-schnitzel by die restaurant op die perseel was hemels. Die kroeg op die perseel verseker dat gaste ‘n heerlike tyd sal hê, maar is nie steurend teenoor ander gaste nie. Sal beslis terug gaan en definitief langer bly.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Our stay at The Kraal was so relaxing. Thank you to all staff for making it so seamless.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Ai, wens ek kon langer bly. Dis so rustig skoon, netjies en vriendelik. Hulle kos is uit die boeke.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Die kuier was nie sleg nie. Die ligging is moeilik omdat daar ‘n informele nedersetting oorkant die pad is en dit nogal lawaai saans. Die kos was oukei. Die meubels is oud, vlekke op die mat van ons kamer en ons het ook aangemeld dat daar ‘n probleem met die stort was, dat die water nie dreineer nie en dat daar ‘n redelike slegte reuk uit die drein uit gekom het. Die bed was gemaklik en die linne skoon.
Value:
(3.0 / 5)
Safety:
(3.0 / 5)
Location:
(2.0 / 5)
Service:
(3.0 / 5)
Cleanliness:
(3.0 / 5)
Ek beveel The Kraal graag aan
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(3.0 / 5)
Location:
(3.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Ons heerlik gekuier by The Kraal en is hartlik ontvang deur die personeel. Ons het gesê dat ons wil braai en met ons aankoms was ‘n braaier reeds voor ons kamerdeur gesit. Die ontbyt was heerlik en smaaklik. Ek sal beslis weer by The Kraal gaan oorbly.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Hierdie is baie moeilik vir my aangesien ek nie hou van negatiewe terugvoer nie. Ons het by die kraal bespreek as deel van on reis terug van Natal en sou 2 nagte bly met ‘n besoek aan Addo in die middel. Ons het selfsorg geboek. 2 kamers. Die foto’s op die internet was aanloklik en die prys was waar ek sou verwag het R1800 per aand vir 2 kamers. Groot was die teleurstelling toe ons daar aankom, eerstens is dit teenaan ‘n redelike groot informele nedersetting, dit self was nie noodwendig die enigste probleem nie. Die fasiliteite is afgerem aan die buitekant, tuine nie netjies, net die algehele voorkoms was van so ‘n aard dat ons nie wou bly nie. Ons het ons besoek aan Addo gekanselleer en het die volgende oggend na die Kaap vertrek. Ek het versoek dat die 2de aand aan ons terugbetaal word, maar dit blyk nie asof dit gaan gebeur nie. Alhoewel die kamer self netjies was en redelik skoon was die stort vuil en nie op my vrou se standaard nie. Moontlik ‘n persoonlike voorkeur. Ek moet net uitlig dat die ontvangsdame (Tendai as ek reg kan onthou) uitstekende diens gegee het. Sy het onmiddellik een van die kamers se koningbed geskei om 2 enkelbeddens te voorsien en het op versoek vir ons ‘n braai na die kamer gebring en selfs gehelp om die vuur aan die gang te kry. Dit was die enigste ligpunt van die besoek.
Value:
(2.0 / 5)
Safety:
(2.0 / 5)
Location:
(1.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(2.0 / 5)
Net 10 minute van Addo Olifantpark af. Baie lekker kamers met moderne badkamers. Baie vriendelike en hulpvaardige personeel. Ontbyt meer as voldoende en ook heerlike aandete geniet.
Value:
(4.0 / 5)
Safety:
(5.0 / 5)
Location:
(5.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Personeel was baie vriendelik en behulpsaam.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Die staff is puik en baie behulpsaam. Baie rustige verblyf. Ontbyt was heerlik en smaakvol. Ons is op die hande gedra. Die kamer se gordyne is net baie baie dun!
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(4.0 / 5)
Location:
(5.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(4.0 / 5)
Baie lekker by The Kraal gebly, waarde vir geld, alhoewel indien dit nie 50% korting was nie, sou die normale tarief duur wees vir wat jy kry.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Netjiese kamers. Bedompige reuk kan verbeter. Tyd vir kos-voorbereiding kan verbeter. Baie lekker kos.
Value:
(3.0 / 5)
Safety:
(5.0 / 5)
Location:
(5.0 / 5)
Service:
(4.0 / 5)
Cleanliness:
(4.0 / 5)
A more than pleasant stay. Colin and Tanya and their staff are fantastic people and really made us feel at home. We came as guests and left as friends, extending our stay by 2 nights. Comfortable lounge and bar facilities and a good priced menu. Their room cleaning staff went out of their way to help us with small laundry chores. They will definitely be seeing us again. Thank you, Colin and Tanya.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Loved the stay. The room was large, the bed was huge and the bathroom was big. I would stay there again in a heartbeat. It is close to Addo, Nelson Mandela Bay and other sight-seeing spots. It was useful that we were able to have lunch and dinner on occasion, as well as a wonderful daily cooked to order breakfast. The staff and volunteers were knowledgeable and helpful. The antique furniture and ornaments were fascinating.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Kliëntediens uiters teleurstellend. Foto’s misleidend op website. Die ervaring vanaf bespreking tot uitbook swak. Inligting oor akkommodasie-tipes baie swak. Moes upgrade na meer aanvaarbare akkommodasie met aankoms. Uiters koud en donker in sitkamer/eetkamer. Geen verhitting beskikbaar. Buitebraaigeriewe in swak toestand. Geen buite-ontspanarea. Vuil en nat banke staan onder rietjiedak vir gaste. Pooltafel staan in vertrek wat lyk soos ‘n stal. Aandete-opsies nie aangebied met aankoms. Ontvangs was bedien deur uitruilstudente wat skaars taal kon praat. Dak gelek in eetkamer met emmers wat rondstaan. Ontbyt gebrekkig en swak aangebied. Geen messe en vurke op tafel vir ontbyt en geen skoon koppies beskikbaar. Niemand doen diens tydens ontbyt nie en jy moet in kombuis gaan vra vir diens. Kamers aangenaam en skoon met goeie beddegoed en matrasse. Plek is donker en koud in die gange na akkommodasie. Onpersoonlike gevoel. Benodig goeie bestuur wat na belange van besoekers kan omsien. Onderhoud van perseel is nodig met verf en algemene opgradering. Ons het ook onveilig gevoel want die hek is nie gesluit die aand nie en die ligging van die plek is oorkant ‘n informele behuisingsgebied. Die pryse van akkommodasie is nie in lyn met wat aangebied word nie. Ons het net een nag gebly en toe geskuif na ander akkommodasie vir die tweede nag. Daar was oorsese besoekers en ek het my geskaam vir die swak diens en geriewe. Met navraag vir ander akkommodasie in die omtrek het dit aan die lig gekom dat die ander gastehuise gereeld gaste ontvang wat ontevrede was met die diens en akkommodasie by The Kraal Country Estate. Ek voel ingeloop deur die tarief wat ons betaal het vir die nag se akkommodasie en diens. Ek sal nooit dit aanbeveel vir enige ander besoekers nie. Die potensiaal is daar om met klein veranderinge beter diens aan te bied. Daar bestaan egter geen idee van kliëntediens tans nie en is die pryse is buitensporig vir wat jy kry. Ek sal die plek as ‘n “backpackers” klassifiseer met die idee jy aanvaar wat jy kry teen lae pryse.
Value:
(1.0 / 5)
Safety:
(1.0 / 5)
Location:
(3.0 / 5)
Service:
(1.0 / 5)
Cleanliness:
(1.0 / 5)
Goeie waarde vir geld en is skoon en netjies.
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(4.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Ons is baie vriendelik ontvang en na ons kamer vergesel. Die kamer was netjies, stylvol en gemaklik ingerig en het beskik oor alles wat ons nodig gehad het. Die ontbyt was baie lekker en die personeel vriendelik en behulpsaam. Die Pub Lunch wat ons genuttig het, was net so lekker en die bediening flink en vriendelik. Ek sal enige iemand aanbeveel om by The Kraal Addo Country Estate te gaan oorbly.
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(4.0 / 5)
Location:
(5.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Delayed check in. No kettle.
Value:
(1 / 5)
Safety:
(1 / 5)
Location:
(1 / 5)
Service:
(1 / 5)
Cleanliness:
(1 / 5)
Die personeel het ons vriendelik ontvang en ons voorsien in alles wat ons nodig gehad het om as familie lekker te kuier.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Pragtige ruim kamer met alles wat nodig is. Pragtige linne en ‘n heerlike ontbyt. Baie lekker gebly hier.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Sien sterre.
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(5.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Die personeel was gasvry en alles wat mooi en netjies in plek. Daar was geen geskarrel met die bespreking nie en ons kon dadelik inboek sonder probleme. Hierdie plekkie se kok mag maar kosmaak!
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(3.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Me and my family enjoyed a wonderful time at affordable cost.
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(5.0 / 5)
Location:
(5.0 / 5)
Service:
(3.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Ons het heerlik gebly in The Kraal Addo. Ons kamer was lieflik, ruim, badkamer net so ruim en gerieflik. Daar was egter ‘n handdoek handvatsel wat afgeval het toe ons inboek, maar dit is gou-gou uitgesorteer. Bestuurderes was baie behulpsaam en het moeite gedoen met spesiale versoeke. Ontbyt was heerlik. Die aandetes en restaurantgeriewe vir aandetes kan egter bietjie opgeskerp word, ek persoonlik hou nie daarvan om by ‘n kroegtafel op hoë stoele te eet nie. Ek sal egter enige tyd weer daar bly.
Value:
(4.0 / 5)
Safety:
(4.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(4.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
The Kraal is close to excellent restaurants and also close to main gate of Addo Elephant Park. Staff were friendly and helpful.
Value:
(4.0 / 5)
Safety:
(4.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(4.0 / 5)
Jong mense word hier opgelei. Baie vriendelik ontvang, uitstekende diens, pragtige kamers en mooi tuin. Lekker in kroeg gekuier met heerlike aandetes. Baie behulpsaam in die reël van ‘n safari rit deur Addo. Die nabygeleë spoorlyn het my vriende wakker gehou.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Ons het baie lekker gebly en die plek was regtig netjies. Ons het ‘n slegte ervaring gehad met die aankoms. Daar was soveel deure, maar geen deur was oop nie en ons moes by elke deur probeer ingaan om na die ontvangs te soek. Ons was ook verras met ‘n TV wat ons glad nie kon gebruik nie. Om R450 per persoon per aand te betaal is bietjie verregaande as jy nie eers ‘n televisie tot jou beskikking het nie. Sal voorstel dat die gastehuis dit sal oorweeg vir DStv in die kamers vir die bedrag wat mens moet betaal. Andersins het ons baie lekker gebly.
Value:
(3.0 / 5)
Safety:
(3.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(4.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Die gastehuis is baie mooi toegerus met moderne en ouwêreldse decor. Ons eenheid was skoon en netjies en die linne van hoogstaande gehalte. Die “plaasontbyt” was heerlik en vullend. The Kraal is naby die Addo Olifantpark. Baie dankie aan die vriendelike ontvangsdame wat ‘n klein probleempie vinnig vir ons opgelos het. Sterkte vorentoe!
Value:
(4 / 5)
Safety:
(4 / 5)
Location:
(4 / 5)
Service:
(3 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Besonder mooi en netjiese gastehuis. Diens is baie goed en ontbyt baie lekker.
Value:
(4.0 / 5)
Safety:
(4.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Dit is ‘n pragtige gastehuis met die vriendelikste, gasvrye mense. Hul bied net die beste vir hul gaste. Dit is ‘n moet om daar te oornag as jy in die Addo-omgewing is.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Die ontvangsdame is ‘n juweel en maak die verblyf baie aangenaam met haar professionele en vriendelike houding. Addo is as gevolg van die wildtuin ‘n goeie bestemming. Die eenhede is baie skoon en mooi.
Value:
(5 / 5)
Safety:
(5 / 5)
Location:
(5 / 5)
Service:
(5 / 5)
Cleanliness:
(5 / 5)
Ons was aangenaam verras met die akkommodasie. Lammy het ons hartlik verwelkom en genooi om ietsie uit die restaurant te bestel om te eet en drink. Die leefareas se binneversiering was smaakvol gedoen, en die kamers was goed toegerus met gehalte-linne en beddegoed. Die ontbyt was watertandlekker en ingesluit by die verblyf.
Value:
(4.0 / 5)
Safety:
(4.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(5.0 / 5)
Cleanliness:
(5.0 / 5)
Colin en Diane is baie gasvry en het ons onmiddellik baie welkom laat voel. Al die personeel is baie vriendelik en soggens tydens ontbyt word daar met gaste gesels – ook deur dag en aande in die kroeg kuier almal heerlik saam. Die kamers is pragtig en baie netjies (dit word elke dag skoongemaak en die skoon handdoeke daagliks is awesome). Die dekor in die hele gastehuis is ongelooflik mooi en baie keurig gekies en stylvol. Ontbyt is ‘n absolute treffer! Ek is ‘n diabeet en my insulien moet in die yskas gehou word – Diane het nie geskroom om my na die kombuis te neem en my insulien in hul yskas te hou nie, en ek kon dit gaan uithaal soos en wanneer ek dit benodig het. Baie baie dankie. Ons sal The Kraal vir enige iemand aanbeveel en sal enige tyd weer daar tuisgaan.
Value:
(5.0 / 5)
Safety:
(5.0 / 5)
Location:
(4.0 / 5)
Service:
(4.0 / 5)
Cleanliness:
(4.0 / 5)
Uitstekende plek en vriendelike mense. Ons was so tuis, dit voel soos huis. Goed geleë. Outydse plaas-atmosfeer, netjies en skoon – alhoewel hulle steeds in kinderskoene staan, het ons uitstekende en baie vriendelike diens ervaar. Colin, sy vrou, kinders en Lammie maak dit lekker om daar oor te bly. Kos en blyplek is van goeie waarde. Baie dankie vir die aangename ervaring.